Daniel - Vegetarian Bachelor [week 1]

Share:

Listens: 0

Antioch

Religion & Spirituality


Wie was hy? Hy was ‘n populêre jongmens met ‘n belowende toekoms. Hy het gedroom oor ‘n goeie werk, vriende, ‘n familie en ‘n lewe wat saakmaak. Oornag het sy omstandighede verander en sy drome (saam met sy land en godsdienstige instelling) is vernietig. Hy was weggevoer na ‘n vreemde land waar hy moes aanpas in ongemaklike omstandighede deur vir die heerser te werk. Hy het alle rede gehad om die regering te haat vir wat hulle aan hom gedoen het – en hy het ernstig verskil met hul siening oor moraliteit en godsdiens. Hy het homself by ‘n kruispad bevind – in ‘n identiteitskrisis. Moes hy heeltemal aanpas by die nuwe empire? Of moes hy steeds voluit vashou aan die tradisionele kultuur en godsdiens waarin hy grootgeword het? Nie een van hierdie twee opsies werk vir hom nie. Hy kies om in die vreemde aan te pas, maar steeds te leef vanuit sy identiteit en sy herinnering aan wie sy God is. Hy word uitgedaag om te kan onderskei hoe hy moet optree in die midde van groot uitdagings, hoë spanning, onveiligheid, chaos, ‘n multi-kulturele, multi-godsdienstige (en soms immorele) samelewing. Soms het hy boesemvriende aan sy sy gehad, maar meestal was dit ‘n eensame pad. ‘n Pad waarop hy besluite moes maak oor wie hy is en wat sy rol in ‘n ongemaklike samelewing gaan wees – en hoe sy prentjie van God gaan lyk.